VAN OERKNAL TOT OORBEVOLKING is beskikbaar as e-boek by

 amazon, apple ibooks, smashwords, en ander aanlynboekwinkels.

 

Die eerste e-boek in Afrikaans – geskryf deur ʼn Duitser?

Die wêreldwye neiging na elektroniese boeke neem vinnig toe.  Twee van die grootste wêreldwye uitgewers, Amazon en Bloomsbury, het in 2010 al meer e-boeke as papierboeke verkoop.  Dit is te wyte aan die voortdurende verbetering van die sogenaamde “ebook readers”, bv. Apple se baanbrekende iPad, Amazon se Kindle, die Sony Reader, en nog etlikes meer.  Selfs op die meeste “smartphones” kan mens desnoods boeke lees, maar hulle beeldskerms is tog ʼn bietjie erg klein.  Die ooglopendste voordeel van ʼn elektroniese boekleestoestel is dat mens honderde boeke in een implement kan aflaai.  Die gewig bly dieselfde, of mens nou een boek of eenhonderd boeke in die toestel het.  Jy kan dus ʼn klein biblioteek op ʼn vlug saamneem, sonder om oorgewig te betaal.  ʼn Verdere voordeel is dat mens hoorboeke kan aflaai, d.w.s boeke wat gelees word, jy kan deur oorfone of selfs deur die ingeboude luidsprekertjies, na die boek luister, sonder om dit self te moet lees - ʼn groot trekpleister vir blindes, swaksigtiges of bloot luies. As die stem van die leser aangenaam is, kan dit baie ontspannend wees, om na ʼn boek te luister, dikwels raak mens aan die slaap.  Ander voordele is dat die skrifgrootte en -tipe verstelbaar is, mens kan teks en plekke in die boek merk en soontoe terugspring.  Nie net boeke nie, ook koerante en tydskrifte kan op elektroniese boeklesers gelees word.  In Afrikaans is byvoorbeeld die Huisgenoot en Beeld op die iPhone (nog) kosteloos beskikbaar.  Boeke, tydskrifte, koerante en dies meer kan of deur ʼn draadlose internettoegang (WiFi) of deur ʼn 3G-selfoon afgelaai word.  ʼn Rekening by die uitgewer is gewoonlik ook nodig, soms selfs om gratis-boeke af te laai.

Daar is basies twee soorte van elektroniese leestoestelle, die met ʼn kleurvolle LCD-beeldskerm soortgelyk aan die wat die meeste rekenaars deesdae het, en die wat elektroniese papier gebruik.  LCD-beeldskerms het die nadeel dat dit in sonlig dof vertoon en dat die batteryverbruik hoog is.  Elektroniese papier is bloot swart, grys en wit soos swart-wit druk op konvensionele papier, dit kan dus ook goed in sonlig gelees word.  Dit gebruik ook net energie terwyl omgeblaai word, dus hou die batterye van die toestelle lank.  ʼn Nadeel is, dat die meeste toestelle net die leesprogramme of sagteware van hulle vervaardiger kan gebruik en verskillende leesprogramme is gewoonlik nie met mekaar kompatibel nie. 

Behalwe een of twee woordeboeke was daar tot nou toe feitlik nog geen e-boeke in Afrikaans beskikbaar nie. Sovêr ons kon vasstel, is die eerste Afrikaanse e-boek wat op ʼn leestoestel kan afgelaai word VAN OERKNAL TOT OORBEVOLKING deur Siegfried Eckleben, ʼn inwoner van Swakopmund.  Dit is reeds beskikbaar op die iPad en die Sony Reader en gaan binnekort op die Kindle en ander toestelle verskyn. 

In die eerste deel verduidelik VAN OERKNAL TOT OORBEVOLKING die onstaan van die heelal in maklik verstaanbare vorm, en wel deur ’n ooggetuie, naamlik Yog, die kwark. Volgens die mees aanvaarde opvatting van die huidige wetenskap, bestaan alles uit kwarks en elektrone, dus weet kwarks alles oor alles.  Hulle is sonder emosies en derhalwe absoluut objektief.  Beginnend met die oerknal beskryf Yog die evolusie van elementêre deeltjies, atome, gas wolke, galaksies, sterre, planete, mane, komete en ander hemelliggame, tot by planeet Aarde.  Dit word gevolg deur die evolusie van lewe op hierdie planeet, tot by sy teenswoordig intelligentste vorm – die mens of aardeling.  Argeologiese vondse in Suider Afrika word in die boek besonders beklemtoon, asook die toenemende oortuiging van wetenskaplikes, dat die wieg van die mensdom in Suider Afrika en nie in Oos-Afrika gestaan het nie.  ʼn Voorwoord deur ʼn Duitse fisikaprofessor bevestig die wetenskaplike plousibiliteit van die relaas.

Die tweede deel handel oor die ontwikkeling van die mensdom en sy eienaardighede.  Die belangrikste verskille tussen mense en ander diere word opgewys, insluitend hulle abnormale seksuele gedrag.  Yog vind dat die mensdom die evolusie deur tegnologie verbygesteek het en dat die grootste probleem op planeet Aarde die oorbevolking met mense is.  Dit is blykbaar nie polities korrek om van oorbevolking te praat nie, en dat die mensdom verminder moet word, is ʼn absolute taboe.  Ten slotte waag Yog nog ʼn prognose vir die toekoms van planeet Aarde.

Die boek is bedoel vir nuuskierige mense “soos jy en ek“ van alle ouderdomsgroepe en bied vir hulle die onstaan van die heelal in verstaanbare, kronologiese volgorde aan.  Dit bevat geen formules, diagramme, sketse of voetnote nie, om die vir leke afskrikkende voorkoms van ʼn teksboek te vermy.  Dit word opgehelder deur spotprentagtige tekeninge.  Siegfried se boek is ook beskikbaar met die titel VOM URKNALL ZUR ÜBERBEVÖLKERUNG in Duits en FROM BIGBANG TO OVERPOPULATION in Engels.

Ten slotte die slegte nuus: Om vir normale sterflikes geheimsinnige redes is VAN OERKNAL TOT OORBEVOLKING nie in die Suid-Afrikaanse Apple-shop beskikbaar nie, trouens net sekere gratisboeke kan van díe winkel afgelaai word.  Gratisboeke is gewoonlik boeke waarop geen kopiereg meer bestaan nie.  So genoemde kommersiële boeke word in die Apple-Ryk net in die VSA, VK, Kanada, Australië, Duitsland en Frankryk verkoop. Suid-Afrikaanse lesers moet dus byvoorbeeld ʼn rekening by een van hierdie Apple-winkels oopmaak, om hierdie of ander kommersiële boeke te kan aflaai.  Dan eers kan hulle VAN OERKNAL TOT OORBEVOLKING vir ongeveer die skamele prys van ʼn bier koop.  Hopelik wend ander uitgewers logieser maatstawwe aan, sodat e-boeke in Suid Afrika makliker beskikbaar sal word.  

>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>

 

Almal weet van die  oermense wat in suidelike Afrika geleef het.

Maar het jy geweet dat die eerste oer-kontinent tans deel van Suid-Afrika is?  Geoloë noem dit die Transvaal Craton...

...of dat oorblyfsels van die eerste eensellige lewewesens in suidelike Afrika gevind is?

...en van vondse van eerste meersellige kreature in Namibië?

Spore van die oudste diere (in hierdie geval swamme) ter wêreld is onlangs in die Etosha wildtuin ontdek!

Díe boek VAN OERKNAL TOT OORBEVOLKING is gepak met 'n menigte verbasende feite - oor Suider Afrika en die hele planeet...

<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<<

En, sê dit asseblief verder, ek soek 'n uitgewer vir 'n Afrikaanse drukuitgawe van my boek.